My eerste oggend in die Kaap wag ek geduldig vir die kraan gemerk "rooi" om warm water uit te spoeg, ek is Gauteng-haastig om te poets vir my heel eerste werksdag, maar helaas geen warm water. Ek ontdek uiteindelik dat die krane omgeruil is en voel eensklaps hoe plons 'n gedagte sagkens in my binneste: "op hierdie stuk aarde werk dinge andersom". Dis amper presies een maand later en daardie stil oomblik voor die spieel het 'n waarheid in my lewe geword (021 teenoor 012!).
'n Maand in die wynwereld het my baie van so baie geleer. In Gauteng sou ons sekere dinge as plain snopgeit afgemaak het, maar hier is dit ernstige sake en dit definieer juis mense se lewens.
Ek het versekering op my lewe, hier verseker hulle hulle neuse!
Al die terme kan jou heel moontlik heel insluk as jy dit toelaat; woorde met betekenis wat intimideer:
"oeh die neus van hierdie wyn..."
"nee, hier is geen mondgevoel nie..."
"kyk net die vingers van hierdie wyn..."
"houd of geen hout - Amerkaanse, Franse of Hongaarse - medium getoast..."
"cassis, groen vye en vanilla, baie vrug maar geen karakter, vol rond met ryk heuning geure en appelkose of papsak met ondertone van Gauteng rubber..."
"bo-stok en onnerstok, moeder- en gewone klone"
"phylloxera en rolblaar en skimmel"
"ge-oksideer of gekurk of sommer net jammy"
en wat op aarde beteken "6 months on lees" dan nou tog..............???
En dan die gevreesde vraag wat heeltyd om my hover soos 'n roofdier: "Kom proe gou hier, wat dink jy?"
... en toe ontdek ek TERRIOR... [ter-roe-wah] a French term in wine used to denote the special characteristics geography bestowed upon particular grape varieties....., which all contribute to the unique qualities of the crop. It can be very loosely translated as "a sense of place," which is embodied in certain characteristic qualities, the sum of the effects that the local environment has had on the manufacture of the product.
My mense sal sommer plain en simpel praat van DIE GROND. Die effek van die grond op die druiwe en uiteindelik op die wyn. Die grond, die aarde, die effek van daardie ryke bruin stofferige aarde op die rype trosse wat tans hier oral om ons onder diep groen blare weggesteek en wagtend hang terwyl die aarde die stokke sagkens vashou en kos gee. Druiwestokke vol sappige ronde korrels, swanger met toekomsbeloftes van lang kerslig etes en die soete klanke van kuier om 'n swaar gelaaide tafel.
Voor ons verplant is hierheen het iemand wat ons harte so vreeslik goed verstaan met 'n blink traan op haar wang gese sy weet nog altyd dat elkeen van ons 'n stuk aarde het wat ons in besit moet neem, 'n stuk aarde wat God spesiaal uitgesoek het om te conquer en sy wonder of ons nie moontlik 'n ontdekking in die Kaap gaan maak nie. Ons harte sal praat en dan sal ons weet oor ons grond.
Dorstberg is die koppie op Meerendal se naam, nogal 'n mooie naam vir 'n koppie het ek gedink, soveel belofte daarin opgesluit en perfek vir 'n koppie op 'n wynplaas. Die uitsig vanaf Dorstberg is asemrowend; Tafelberg se groot ou lyf is op die horison afgeets, die hawe le wyd en oop en die hele Durbanville vallei is onder jou voete soos 'n wingerdlaslappiekombers.
Dit is doodstil daarbo in die maagdelike renosterveld, net jy en die vars reuke van die aarde en natuurlik my vrou se vriend, die altyd teenwoordige Kaapse wind. In hierdie stil oomblik terwyl ek oor die plaas tuur die verte in plons daar weer 'n gedagte hier na binne "hierdie grond moet teruggeneem word".
Ek was hierdie week weer op Dorstberg en ek het die kleim aan my toevertrou in besit geneem! Ek het die terrior kom terugvat en daarmee saam die geestelike erfenis wat daarin opgesluit le en wag om opgeeis te word vir die wat op daardie terrior moet vrug dra.
Terrior het nuwe betekenis!
Die verwagting hier binne my is groeiend groot om te sien watter kwaliteite die terrior in ons vrug gaan deponeer.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Soos Moses op die berg Nebo! Mag dit julle erfenis wees tot in die duisendste geslag!
ReplyDelete