03 February 2010
Gat in die grond
Willi se - Skryf, sodat jy net weer jouself kan wees
Ek se - Ek het niks om te skryf nie
Willi se - Skryf wat in jou hart is, waarvan die hart vol is ...
Ek se - Presies! My hart is vol gal
Willi se - Kry dit uit
Ek se - Ek's gatvol gekerm
So, hier is dit. As jy 'n positief-sensitiewe leser is, wees gewaarsku. Miskien moet jy nie jou denke besoedel nie - stop hier, en gaan drink eerder tee.
Vir die positief-pessimiste, waar was ons? Ek's gatvol gekerm ... wat my vandag uitbring by GAT.
Daar's 'n gat in die grond, en die groen gras groei daarom! O nee, nie in die Kaap nie. Dis hoog somer, die sonbesies skreeu (of wat hulle ookal doen), die wind waai die blou see se kuif dat jy net wit perde sien en die gras is GEEL. Ja! Geel, soos in gevrekte geel wintergras, want hierdie is mos 'n winterreenvalstreek. Ek het nog nie 'n druppel reen geproe vandat ons hier aangekom het nie. Dit is net weird!
Somerson, blou see, geen reen en geel gras - dit pas doodeenvoudig net nie. Of is dit dalk "ek" wat nie pas nie?
Wat my terugbring by die gat in die grond, my gat in die grond met geen gras daarom nie. Ek veronderstel dit is seker die plek waar 'n inlimbo pit moet wees. 'n Pit wat wag om te ontkiem, en wag, en wag, en wag.
Pit - Put ... een en dieselfde ding!
'n Ex-Gautenger se die ander dag vir my dat Gautengers kuier-mense is en die Kapenaars doen-mense is. In Gauteng rig jy jou lewe in rondom jou huis, jou veilige vesting, jou boudeaux. Jy gaan Mall toe om goed te koop of koffie te drink, dan NOOI jy mense na jou huis toe om te kom kuier. Kosmaak, feesmaal, braai, kuier, vriendskap bou - alles loop hand-aan-hand. In die Kaap gaan die mense uit en doen goed : stand en swem, stap 'n roete, proe 'n wyn, ry 'n fietsroete, ens. ens. (die opsies is legio en meeste van die aktiwiteite is juis dit - aktief).
Dit het my nogals mismoedig gelaat want kuier en mense is my ding. En hier sit 'n pit in die grond - sonder huis, sonder kuier, sonder vriende, sonder reen. Mistroostig ne? Ek kan amper nie eers die woord mistroostig gebruik nie want dit bevat 'n vorm van water wat na benede daal - kom ons noem dit sommer "droogtroostig".
(Vriendin, jou stukkie oor "Mis" het my hart diep geraak, so ook die res en ek het saam met jou sonneblompittetrane gereen.)
Die ander kant van die muntstuk is dat ek dalk dan 'n Kapenaar genoem kan word - want ek DOEN goeters : in die week - wasgoed, skottelgoed, stryk, doeke ruil, kosmaak, ens ; naweke - rond ry om plekke te ontdek en te ondersoek ... dis mos "doen"?
Ha-ha-bledie-ha, soos my pa blykbaar gese het.
Hier volg die afsluiting van die martelgat saga:
Daar's 'n gat in die grond,
en 'n pit in die gat,
en 'n hart in die pit,
en 'n gat in die hart,
en die geel gras groei daarom.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Liefste Nel (soos Ruben jou noem)
ReplyDeleteEk het sommer gat oor kop in jou woorde ingeval! Deel dit asseblief, skree dit uit op die keyboard! Pen dit vas en kyk dit in die oe! En as jy eendag jou oe uitvee is jou gat gevul!
Intussen luister ek.
Maatjie, ons mis die kuiers met die Bothas woes baie!! Glo my ons tel al die slapies af tot ons kom kuier - dit was laasweek nog net 11 maande :-)
ReplyDeleteGelukkig kom julle April KUIER!! En gaan ons kuier! Sien baie uit daarna. Lig op jou koppie en moenie laat hy hang soos 'n verlepte sonneblom nie, want dan sien jy die geel gras raak. Kyk op na die bloue hemel en die berge - verskuif jou fokus so bietjie en kyk so rapsie in die toekoms in ... Dalk gee dit vandag vir jou bietjie hoop daar in jou gat.
Ons het Maandag Biblical Portrait gedoen in die omgeegroep - Helper. En ek het besef JY is presies besig om jou rol te vertolk want jy is besig om Willi te ondersteun in sy droom. Dit het my geïnspireer. Mag jy ervaar dat die Here jou so uit jou sokkies seën al is daar geen reën en al is daar net geel gras ...
Baie lief vir jou!