11 November 2009

my nuwe jaar

swanger le dit om die draai en wag
hoop
stil en warm toegedraai
gereed

ontdek!
ontgin!
geniet!

altoos klou ek krampagtig vas
...omstandighede
knel my
druk my
stoot my
ek versmoor hier in my hand

blind

strompel in die donker rond
so amper val ek oor my swanger hoop
als reeds vir my
- uitgesoek
- volgemaak
- toegedraai
myne

my nuwe jaar

fluistering!
sagte oortuiging!
woordelose lig!
erns, maak tog plek vir lag!

hier is nuut begin
gebore
die eerste nuwe dag

1 comment:

  1. Wow, Willi! Ek het heeltyd my asem opgehou. En hoe profeties!! Mag daar baie wees waar die een vandaan kom. Jy kon maar al lankal die sy van jou laat uitkom het hoor! Ai, nou mis ek julle sommer BAIE

    ReplyDelete

voetgangers